Friday, March 9, 2012

Bakboord na oorboord


Die lewe het altyd 'n ou verrassinkie in die mou…soos vanmiddag toe ek so op die laaste oomblik besluit om heerlike sjokolade poeding te maak.  Vir my gesin is tuisgebakte poeding 'n verrassing 1000 maar dis nie die surprise element waarna ek verwys nie…..
 
Vol moederlikheid roep ek so net voor 12 vir Kristen, my altyd gewillige hulp, om die poeding te maak.  Kyk dis vir my 'n behoorlike  stretch.  Kombuis is die een plek waar ek op my beste funksioneer as ek op my eie.  Nie oor ek een of ander wonder sjef is en my liefde vir kosmaak die oorhand kry in die vertrek nie, bloot oor ek eerstens hard moet konsentreer op die gedoente wat net nie so natuurlik kom nie en tweedens sodat niemand sien hoe vreemd ek by die antwoord uitkom nie.  Veral in tye soos hierdie (en laas maand en die maand voor dit en …) waar die kosmaak inspirasie min is en die proeery meer word uit blote frustrasie.  Nou ja, gedryf deur skuldgevoelens oor my grommigheid die laaste week en die afskeep etes sindroom, bevind ek my voor die stoof langs my baie opgewonde 8 jarige.   Ek het als mooi uitgehaal en gereed gesit vir haar en gee instruksies so tussen die hoender en groente maak deur.  Sy's nie bang nie en begin sommer so van bo af die bestandele in die bak gooi, bogger die instruksies!  Gelukkig is dit een van daai oulike resepte wat van bo na onder deur die bestandele gaan!

Die eerste hubbeltjie is toe ek sê kry die bakpoeier blikke agter jou en sy hoor net die agter jou deel en vat toe die houer kakao. Die opvoeder in my spreek mooi rustig maar ferm die gebrek aan detail hoor aan toe sy die eerste 5ml kakao ingooi…..sy "ooooo" en trek die bakpoeier nader.  Gelukkig vir haar ís kakao volgende op die lysie en kan sy net 'n vinnige aftrek som doen (bietjie ekstra pret vir die somliefhebber!) en die res van die 30ml kakao in die bak gooi.   Tra la la! No problem!

Met deeg gedeelte in die bak omtrent waterpas gedruk met die eetlepel is dit tyd vir die kors van bruinsuiker en kakao en dan die water om 'n souserigheid te maak. 

Kyk, party foute kan 'n redding wees want my dowwe dolle deel waarvan die kop nou al skoon dronk is van die 8 jarige se gesels, maak toe weer die fout (in sekere take is konsekwentheid wel 'n virtue) en gooi die water by die bruinsuiker en kakao mengsel.  En dis toe nou net waar die reuk van hierdie kakao my netjies verras!  Groot oeps…die kakao is toe nie wat hy homself voordoen nie en verras ons toe behoorlik toe hy uit die closet kom met sy Bistro reuk… 

Ons het saam besluit om nie ons te laat onder kry nie, selfs nie deur die ontdekking dat daar net omtrent 50ml regte kakao is nie - ver te min om oor te begin. K proe aan die deeg en stamp dit as lekker met 'n "mmm-m",  ek wonder!  Die weird kleur maak skielik sin.  Ons deur egter deur – gooi bietjie ekstra bruinsuiker in die sous en haal 'n interessante soet–sout bistro sjokolade poeding 35minute later uit die oond. Saam met die suur smaak van berry frozen yoghurt is dit beslis 'n poeding wat 'n smile op jou gesig sit!

TRA LA LA! No Problem!  
PS ek wonder of dit minder vetmakend as die real version is??

No comments:

Post a Comment