Friday, March 9, 2012

Hoop op 'n Fat Lady


Aan die einde van my uiters onsuksesvolle eet nie sweets nie dag, sit ek met die pak agtergeblewe chips van die naweek.  Dis als deel van 'n desperate poging om die gejuig van die 2 blitsendes te oorleef.   
….dalk  'n chip in elke oor probeer??….

My Maandag kliënt het geskuif na Vrydag en ek het die oggend verwyl deur aanlyn gholfdagvorms vir die skool se webwerf te ontwerp. En tussendeur, as advertensie breuk, bakhand e-posse te stuur aan elke iemand wat iets doen in die hoop om darem sommige te bereik.  Ek het gedog dís 'n crap joppie tot ek 13:40 pandora se 2 bokse van klaagliedere by die skool gaan oplaai het.  Nie almal kan sê hul het 'n "live"  opera op sy peak in hul kar gehad nie!  Die musiekles 2:30 was ons redding en die twee kon van daar hul solo's doen…..wetie waar die blerrie fat lady was nie, want "over" wou hierdie gekla en kerm net eenvoudig nie!  
Ek was nog nooit so dankbaar vir die gejaag na Akrobaat en landloop direk op musiek nie!  Stilte.  Selfs al moes ek in die uurtjie wat ek het, Sportsmans Warehouse toe jaag om skooldraggroen rekkies te gaan koop sodat die arme blootjies tog net nie in die moeilikheid kom oor hul swart (byna onsigbare) rekkies nie. Dit was "tempting" om dit te los….

Ek's 15min vroeg vir S se landloop en wentel terug na my vreedsame oggendaktiwiteit van borge visvang …die keer via sms.  
Ek klim uit - nice mamma kyk laaste stukkie van landloop en stap saam moeg en dank vader stil kind kar toe.  
En daar kies ek die regs-om roete om die skool! 
Grid lock tussen skool en huis!  
Desperaat soek ek na Night Rider se KID kar turbo boost maar weet dat selfs dit my nie eers betyds vir die laaste swaan se dans sou aflewer nie.  

Ongelukkig is dit Kristen en LAAT is LAAT ongeag die rede en verskonings, die loerie–spotting in die tuin wat ek met haar gedeel het, die Bovril broodjie wat ek in vierkantjies gesny het of die borreltjies water wat ek agter haar aangedra het.  Sy is de moer in en dis so.

OkChips is byna op….so terug by die loerie….die stories wat mens self skryf moet darem happy endings hê!

Die vorige eienaars het ons byna 'n klousule by die koop laat teken dat ons nie die bos agter die swembad sal uithaal nie want daar woon 'n loerie.  Siende die bos na iets uit Harry Potter gelyk het, was dit van die eerste om gegroet te word en daarmee saam die loerie wat in elk geval na die bouprojek, skoonveld was.  Nege jaar later en die pragtige geel takke van die Jo-burg Gold en bosse Dietesse lewer 'n loerie aantreklikheid.  Of so hoop ek uit die diepte van my hart – want daar MOET net iets hemels van hierdie helse dag oorbly….

En dan 'n bietjie suspens net vir my liefste mede-loerie liefhebber Pa…en diep in my skuil 'n bang dat Cola – die rot/voëlvanger - tog net nie hierdie ongelooflike mooi sal verdryf of nog erger ….nie.

  

No comments:

Post a Comment