Friday, March 9, 2012

Think Pink!


Die dag het bonatuurlik goed begin met die kinders wat ek mooi vroeg - 07:14 – by die skool gedrop het.  
Nota aan die leser: 
Als voor 7:15 tel as vroeg en plaas my in gunsteling-mamma kategorie – so 'n dag het groot potensiaal.  
Tot by 7:24 is voor die eerste klok en ons is betyds. Afhangend van die aanloop tot by die kar kan so 'n dag nog deur gehaak word.  
Daarna raak dit of lelik of dis oor dit reeds lelik was dat ons dan eers arriveer.  

Vanoggend was belaai met potensiaal - ons was vroeg vir skool ten spyte van Shené wat nog eers terug gehol om die vergete "props" vir haar Afrikaanse toespraak te gaan haal en toe vir Kristen byna laat hiperventeleer het.  Gister was ook goed betyds maar die potensiaal het iewers net voor skool oplaai 'n wobble gevang in 'n glas wyn by middagete saam my klient, wie se 24 prente ek gaan ophang het.  Dit het meegebring dat Pick 'n Pay nooit besoek is nie en ons op die rant van die laaste 2 toiletrolle speel.  Met die vroeg-aflaai-adrenalien in die are kry ek 'n blink oomblik en besluit om sommer gou Pick 'n Pay in die Spar te doen (teen so 'n R50 ekstra!) voor ek gaan oefen!  Woerts warts met die trollie, vergeet wel die kakao, maar die res van die lysie is afgehandel saam met die finishing touches van my vriendin se simboliese verjaardag pakkie.  Ek ontdek sommer 'n oulike tissue nommertjie – dis 'n beautiful pers houer soos 'n Pringles houer met Twinsaver-tissues in. Die perfekte geskenk vir my bride to be sus se 3 maande countdown geskenk! OK, 'n klein bietjie eienaardig maar dis darem met 'n boodskappie "die trane deel is nou verby" …en hul is gewoond aan my vreemd interessante? geskenke. 

Pakkies in die kar 20 voor 8, oppad huistoe en mooi betyds vir oefen van 8:00.  Ek sing heerlik saam Joe Niemand se CD, "Ek sal nie bang wees nie", ….laaste reguit stuk voor die draai huis toe…ek merk die  swart vrou in haar somers-afrika-motief bloes met sy pragtige super pienk bib op.  Maar dis nie die bib of die lofklanke van Joe wat die smile op my gesig breer rek nie.  Haar hare is in 10cm stokkies (of wat sal mens dit op 'n Dinsdag more noem?) wat regop staan soos  'n krimpvarkie se penne en die punt van elke stokkie match haar bloes se skitter-pienk bib.  Soos sy loop wikkel die hare…en ek dink in my hardop lag "vandag gaan interessant wees!"

By die huis laai ek en my Schnauzer-seuntjie, Cola, gou die kar uit en bel vir Josephine wat 5 voor 8 nog nie gearriveer het nie.  Sy is oppad – is hier bo in die straat.  Die pienk gelukkigheid verlaat my en ek is sommer opgekrap…my 4kg is bedoel om te bly want daar mis ek nog 'n oefen sessie!  Die viesgeit oor die insident wéér afspeel en ons eintlik vir haar 'n naby blyplek gehad het wat sy verongeluk het oor sy haar ongeskik gedra het, kry die oorhand en surf by my mond uit as "This is not working for me.  You must either find a place closer or look for work in Krugersdorp" (sy bly net buite Krugersdorp en moet 3 taxis vang om by ons luukse woning uit te kom – meer as helfte van haar maand se salaris). Die absurdheid van my vies-woorde slaan teen my hart se kante…die vrou se dogter was van Sondag na kerk vermis en het Maandag oggend 7:15 by die huis aangekom met 'n vertelling dat 'n man haar na sy huis toe gedwing het en daar gehou het.  Fien is met haar polisie toe en toe dr. toe maar die kind het weggehol by die dr.  Die stories tel nie op nie maar die hartseer is groot.  Die viesgeit smelt, ek vra omverskoning en troos na die beste wat my arms kan.  Ons drink tee saam en praat en bid tot sy weer vuur en vlam is om die duiwels te beveg.

Ek is laat vir my facial!

Die vrou met die smile-rek pienk hare verskyn weer in my gedagtes oppad salon (alias my sus se huis!!) toe en sit weer 'n hup in my.  

En 'n Carina-facial is terapie vir die siel. PUNT!!  

Ek vertrek – nou 'n uur agter skedule en geweldig bly dat ek vroeg Spar toe is!  Eagle Canyon se 40km per uur laat my voel ek wil my kar parkeer en te voet my weg vind maar die ekstra 4kg aan my lyf keer my genadiglik.  Bultjie op en bultjie af soos die sms sê, parkie op regterhand, karre by hoek huis en ek parkeer….10minute ingehaal ten spyte van spoedbeperking - ja ek weet Beyers Naude is net 70km/h.  So what!  Die b-day girl staan met haar rug na my so 5 karre aan en groet.  'n Vriendelike bouer sien my effense verwardheid oor waar die ingang is en help my met "the entrance is around the corner".  Soos 'n illiterate wat ook nie nommers kan lees nie, "around the corner" ek toe maar en los Corné om te groet.  
Dit maak sin dat meeste van die karre aan die sykant van die huis staan – die wat nader parkeer het is seker al weg.  Pragtige huis! Sjoe 3 garages!  Ek lui die voordeurklokkie wat nie lui nie.  Jinne die stoep is seker ver want dis so stil.  Baie gemaklik met myself (ek het immers 'n vroeg aflaai EN smile–rek pienk haar vrou vanoggend agter die rug!) maak ek die voordeur oop en stap in.  Geen vrolike gesels … en die chinese kindertjies op die foto's in die ingang lyk glad nie na Corné se verwante nie.  Dankie tog die klokkie se lui is stukkend!  Ek ontsnap stadig en saggies …stap weer karwaarts.  En daar sien ek 1131 soos in die sms op die muur oorkant die straat.

Morel of the story:  As iemand anders se pienk hare wat wikkel in die stap soveel magic-lag in 'n dag kan sit dink net wat gaan die hairspray in my kas more doen!!!  Think PINK.  

No comments:

Post a Comment