Sunday, June 5, 2011

Vriende gedagtes

Dis 'n lui Sondag middag in Junie.
Kinders speel rustig - op die ritme van kwartuurlikse argumente!  Man slaap heerlik.

'n Vriendin is Woensdag deur 'n nare ervaring in 'n speelgoedwinkel saam met haar seun van 11.  Ek het vandag daarvan uitgevind.  Die detail is nog vaag en ek voel effe om ge-ellie dat die nuus nie gedeel was deur die gewone netwerk nie...

Hierdie is 'n een-in-haar-soort vriendin.  'n Kuns en kleurmens, mooigoed en bargains-spot, 'n trek haar onder en bo-kleed vir jou uit tipe vriendin.  Sy is die afgelope 6maande pa en ma vir haar 2 beautiful talentvolle kinders met haar man wat weens werk in Dubai woon.  Sy't kragte waarvan ons nie geweet het nie - woon in 'n renovation-projek al vir 5 jaar en oorleef, haar kinders is goedgemanierde pragtige mensies wat uitstaan in alles wat hul doen en hul voete steeds plat op die aarde het.  Sy is oral betrokke en doen haar ding stil-stil....

Geen woord of aksie kan ongedaan maak of verhoed het dat hierdie toneel in hul speelgoedwinkel outing afgespeel het nie.  G'n niks wat ek kan se of doen of aandra wat die skok en angs kan wegneem of minder maak.  Maar ek kan my hart vol liefde en omgee in gebed na hul oordra deur Sy Gees en God, ons Vader, sal dit inspan om hul op hierdie moeilike stukkie pad sagkuns te help en te vorm .... en dis wat ek doen nou dat ek weet....

Deur nie te weet nie is daar een minder wat die geestesstryd na so iets kan help fight.  Mag ons leer om mekaar op te roep wanneer die battle plaasvind dis tog waarvoor ons vriendskappe  daar is.