Wednesday, November 17, 2010

Kinder mosaieke

Dis eksamentyd.  Ons eerste as Pa en Ma. 

Omtrent 'n uitdaging om stukkies ma-beplanning, pa-verwagtinge en Gr 4 leerder entoesiasme (of eerder die gebrek daaraan) in 'n prent te probeer sit.  Met tye was die stukkies teels waaruit hierdie stuk van ons oudste se lewens-mosaiek gemaak moet word, in sulke klein splinterstukkies dat my vingers aan die bloei wou gaan.  Genadiglik het Wysheid my die stukkies in een bak laat sit en met olie op haar 10 jarige hoof en smeek woorde uit my hart is die prentmakery aan haar Vader oorgegee.  Ek is nou bloot weer hande, oe en stem vir Hom (soos dit hoort!) om sus sonder beserings tot aan die einde van hierdie 6 vraestelle te kry.